Skoolgelde
Tydens die jaarlikse Begrotingsvergadering soos gehou op 4 November 2013 is onder andere die volgende besluite deur die ouergemeenskap bekragtig:
- Dat skoolgeld volgens die bepalings van Artikel 38 en 39 (1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet (1996) vasgestel en gehef sal word;
- Dat alle ouers verplig sal wees om skoolgeld te betaal tensy hulle volgens die wetgewing kwalifiseer vir vrystelling EN aansoek doen vir vrystelling;
- Dat ouers wat aanvoer dat hulle op algehele, gedeeltelike of voorwaardelike vrystelling aanspraak maak, skriftelik daarvoor aansoek moet doen voor 28 Februarie 2014;
- Tensy vooraf met die skool gereël, word die volle bedrag uitstaande skoolgeld vir die jaar onmiddellik betaalbaar indien enige paaiement nie op of voor die die 3de van elke maand betaal is nie (as die 3de dag van die maand oor ‘n naweek val, dan voor of op die Vrydag vóór die naweek);
- Neem asb. kennis dat Emmie Kleutertuin se geld apart van Laerskool Emfulenipark hanteer word.
Skoolfonds 2014
Gesin met 1 kind: R 510 x 12 maande = R 6 120
Spaar 1 paaiement indien die volle bedrag vir die jaar voor einde Februarie 2014 betaal word: R 510 x 11 maande = R 5 610
Spaar 1 paaiement indien die volle bedrag vir die jaar voor einde Februarie 2014 betaal word: R 1 020 x 11 maande = R 11 220
Gesin met 3 kinders: R 1 160 x 12 maande = R13 920
Spaar 1 paaiement indien die volle bedrag vir die jaar voor einde Februarie 2014 betaal word: R 1 160 x 11 maande = R 12 760
GRAAD R en RR LEERLINGE 2014: R 520 x 11 maande = R 5 720
Geen afslag vir vooruitbetaling
Bankbesonderhede
Laerskool Emfulenipark
ABSA
Tjekrekening no. 530 492 567
Takkode: 632 005