Skoolreëls en Skooldrag

  • Skool begin stiptelik om 07:30.
  • Gr RR & Gr R-leerders 07:30 – 12:30
  • Graad 1- & 2-leerders 07:30 – 12:45
  • Graad 3 07:30 – 13:15
  • Graad 4- tot 7-leerders 07:30 – 13:45
  1. Elke laaste Vrydag van die maand dra leerders hul Emmiedrag.
  2. Probeer asseblief dokters- en tandartsafsprake reël vir na skool. Indien onmoontlik, skryf asseblief ‘n brief vir die klasonderwyser/es & hoof en reël vooraf met u kind om vroegtydig kantoor toe te kom.
  3. Geen selfone, Ipads of tablette mag gedurende skoolure gebruik word nie.
  4. Kantoortelefone is beskikbaar vir dringende noodgevalle.
  5. Geen speelgoed en wapens word op die skoolterrein toegelaat nie.
  6. Afwesighede tydens toetse/eksamen weens siekte – Doktersbrief moet ingehandig word en reëlings vir die skryf van toets/eksamenvak moet dadelik met klasonderwyser getref word.
  7. Ons skoolterrein is ‘n ROOKVRYE omgewing.
  8. Geen parkering voor die groot hek (sport hek) in Kareetsraat nie, ook nie tussen die geverfde geel strepe voor die hek nie.
SOMER (DOGTERS) WINTER (DOGTERS)
Wynrooi rok Grys langbroek & wit langmou hemp
Wynrooi sokkies met wit en grys strepie Wynrooi sokkies met wit en grys strepie
Wynrooi trui met skoolwapen Wynrooi trui met skoolwapen
Swart skoolskoene / kaalvoet Skoolwindjakker
  Swart skoolskoene
  Grys, Wit of Wynrooi serp en handskoene
Wynrooi oortrektrui (OPSIONEEL)
HARE & NAELS
- Wynrooi, wit en grys haarbykomstighede is toelaatbaar. Geen hare mag gekleur word nie en vals haarinsetsels word nie toegelaat nie.
- Hare wat onder kraag hang, moet vasgemaak word, kuif mag nie oor wenkbroue hang nie. Geen los slierte.
- Naels mag nie oor vingerpunte groei nie, geen naellak word toegelaat nie.
- Geen grimering
JUWELIERSWARE
- Knoppie-oorbelletjies en “sleeper” oorbelletjies (1 cm deursnee) is toelaatbaar.
- Geen gekleurde steentjies.
- Slegs seëlringe en horlosies mag gedra word.
- Geen armbande word toegelaat nie.
SOMER (SEUNS) WINTER (SEUNS)
Grys kortbroek & grys kortmou hemp Grys langbroek & grys langmou hemp
Grys skoolkouse met wynrooi en wit strepe Grys skoolkouse met wynrooi en wit strepe
Wynrooi trui met skoolwapen Wynrooi trui met skoolwapen
Swart skoolskoene / kaalvoet (veter-skoene) Skool windjakker
  Swart skoolskoene (veter-skoene)
  Grys, Wit of Wynrooi serp en handskoene

Wynrooi oortrektrui (OPSIONEEL)

HARE EN JUWELIERSWARE
- Hare mag glad nie “ge-gel” of gewaks word of enige haarkleursel of sonstrepe ophê nie.
- Hare moet kort wees, mag nie aan die kraag raak nie.
- >Geen armbande of juwele is toelaatbaar nie, slegs horlosies.
EMMIEDRAG (SEUNS & DOGTERS) – Sedgars
- Elke laaste Vrydag van ‘n maand.
- Grys Emmiehemp en blou denim (kort- of langbroek).
- Geen rompe of rokke of baie kort, kortbroeke.
- Kaalvoet of oorwegend wit seilskoene, geen sandale of plakkies of “Scater” skoene nie.
- Reëls vir hare, naels en juweliersware geld soos vir gewone skooldrag.

Fotos:

NB: Ons skoolklere word verkoop deur:

Sedgars en White Cross – Vereeniging
Ekspaar in Vanderbijlpark

Sportdrag:

Atletiekklere kan net by die by die skool gekoop word.
Rugbytruie word deur die skool voorsien.
Die onderskeie 1ste spanne se sportdrag word elke jaar deur die afrigters gereël en aangekoop.
Die dogters se hokkie en netbaldrag is beskikbaar by Sedgars (Vereeniging).
Klik hier om die atletiek dra prys af te laai.

Klerebank-Ure

Maandag: 13:00-14:00
Woensdag: 13:00-14:00